| Hello
Julle! Baie welkom by my pragtige outydse huis.
Laat ek julle rondwys.
My Pa het
hierdie huis in 1925 gebou, maar die
buitegeboue met die solder en klein venstertjies was toe
alreeds hier sedert die 1800s as gedeelte van die
oorspronklike Fourie Plaas van die area. (Glo die
perdestalle gewees). Dit is dan ook waar ons historiese
straat sy naam vandaan gekry het.
Wanneer jy in
hierdie dorp kuier hoef jy nooit weer in jou motorkar te
klim om inkopies te doen nie. Die SPAR supermark en
ko-operasie is uit die boeke en binne loopafstand. As jy
jonger as ek is, sal selfs die fiets doen. Die strate is
wyd en baie stil. Moet net nie haastig wees nie, want
almal groet en party mense stop jou langs the pad en
gesels oor hul blomtuine, vrugtebome ensomeer.
Die huis
is groot genoeg vir al julle vriende, kinders en selfs
Wagter kan saamkom. 12 Gaste kan gemaklik in die 6
slaapkamers tuisgaan. (Ek is natuurlike vreeslik
puntenerig oor linne) Net die beste
gehalte kreukelvars lakens is goed genoeg. Daar is 3
badkamers en selfs 'n warm/koue buite-stort (ideaal vir
die kinders om hulle sand lywe af te spoel wanneer hulle
van die see afkom). Soms wanneer geniemand hier is om te
loer nie, dan is dit tog te lekker vir my om so in die
aand in die buitelig onder die sterre te gaan stort!
|